AGTERGROND VAN DIE KERK
Moontlik het u nog nooit met die Kerk kennis gemaak nie. Deur verdraaide of gebrekkige inligting mag dit wees dat u 'n verkeerde begrip omtrent die Kerk het.
Dit is vir ons 'n voorreg om u in te lig en beter kennis te laat maak met die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika
DIE ONTSTAAN VAN DIE E.G.Kerk
Die Kerk is gestig op 21 April 1944 deur 49 kerkraadslede van die N.G. Kerk, Smithstraat, Durban, onder die naam "Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika".
Op 18 Augustus 1986 is die naam van die kerk deur die Sinode verander na die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid- Afrika. Die rede vir die naamsverandering was die voortdurende verwarring en assosiëring van die Kerk met die Pinksterkerke, terwyl die Kerk baie duidelik in die gereformeerde stroom is, maar met 'n sterk evangeliese karakter.
Kenmerkend van die Kerk is die eenvoudige en verstaanbare boodskap wat onder inspirasie van die Heilige Gees na die mens gebring word onder die leuse: "So sê die Here"

Leraar: Ds Johan Alberts
- Telno: 081 054 7873
Adres
- Kerkstraat 8, Southcrest, Alberton
Vergroot kaart

