BEDIENINGE
Ons Kerk het verskillende bedieninge vir verskillende ouderdomsgroepe en mense met verskillende behoeftes.
Kinderbediening:

In die ou taal beter bekend as Sondagskool. Die kinderbediening-personeel bestaan uit 'n groep vrywilligers uit die gemeente wat deur die Heilige Gees so gelei word om dié belangrike taak te verrig.
Die Kinderbediening behels die geestelike opleiding van kinders van graad 1 tot graad 11, waarin graad 11 die finale jaar is en die leerlinge aan die einde van die jaar voorgestel word en amptelik belydenis van hul geloof aflê.
Ons spits ons daarop toe dat elke leerling die volle evangelie geleer word en goed verstaan, maar dat voorstelling en aanneming voor die gemeente nie wedergeboorte is nie.
Elke indiwidu moet egter op 'n dag in sy/haar lewe die Here Jesus as persoonlike Verlosser en Saligmaker aanneem. Die personeel doen ook baie moeite om die les-materiaal op elke kind se vlak te verduidelik.
Jeugbediening:

Ons gemeente maak ook voorsiening vir die jeug. Die jeug sluit alle jongmense in.
Enige jongmens is welkom om by ons aktiwiteite in te skakel.
Ons hou weekliks op Woensdae-aande sel en bespreek aktuele sake.
Ons glo God het 'n besonderse plan met elke jongmens en wil dit graag bevorder.
Daar is 'n jaarlikse jeugkamp waar al die jeug van al die gemeentes van regoor die land bymekaar kom.
Silwerjeug
Ons vergeet nie van ons ouer mense nie. Die silwerjeug is 'n bediening wat hul toespits op die behoeftes en belange van die ouer lede. Almal wat al 'n grys haar of twee het is welkom. Die silwerjeug hou gereeld byeenkomste waar lekker gekuier word tussen kinders van die Here.
Christelike Vroue Vereniging – CVV
Die hart van ons gemeente lê in die CVV. Elke lid van die CVV vorm deel van 'n span wat die gemeente met gebed dra en doen moeite om gemeentelede en besoekers welkom te laat voel.
Die susters het elkeen 'n gebedsvriendin wat behels dat elkeen 'n persoon het wat spesiaal vir haar bid. Die susters van die CVV samel fondse in d.m.v funksies, etes, ens. en dit word aangewend vir gemeentelike uitgawes en aktiwiteite.
Sending en Evangelisasie
Sending en Evangelisasie lê ons baie na aan die hart. Dit is immers Jesus se laaste opdrag volgens Mat. 28:19- Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies...
Ons Kerk ondersteun verskeie sending-organisasies en het ook sy eie sending-aksie genaamd AKSIE 1:8. Dié organisasie, wat onder die toesig van die EGK van Suid-Afrika funksioneer, hanteer die sendingwerk van die EGK in geheel.
Aksie 1:8 stel dit ten doel om elke gelowige betrokke te kry by die uitdra van die evangelie deur self te evangeliseer, opreg vir die saak te bid en finansieël by te dra vir sendelinge en sending-aksies.
GEESTELIKE HULP
Ons predikant is daarop ingestel om enige persoon wat daarom vra van geestelike hulp en raad te bedien. Ons glo dat daar na elke indiwidu persoonlik se geestelike belange omgesien moet word.
Leraar: Ds Johan Alberts
- Telno: 081 054 7873
Adres
- Kerkstraat 8, Southcrest, Alberton
Vergroot kaart

